Oor Hierdie Boek

Susanna M Lingua Keur 14 (ePDF)

Susanna M. Lingua
Liefdesverhale

In Lied van die Isar gaan kuier Tillie by haar familie in Duitsland. Daar ontmoet sy die aantreklike baron Ludwig Krafft wat halsoorkop verlief raak op haar. Hulle trou, maar spoedig vind sy daar is diegene wat hulle daarop toespits om haar én haar huwelik te vernietig.

In Kringloop van die lewe sukkel Rina om te kies tussen die jong dokter Riaan Jonker en die Italianer Toni Sardinni, die man van wie sy kort tevore weggevlug het omdat hy haar wou dwing om met hom te trou. Wanneer sy haar keuse maak, is daar verreikende gevolge…

En in Immer lente verloor Jeanette haar hart aan die seun van haar werkgewer. Hulle trou, maar deur die toedoen van Jeanette se skoonma word daar ’n wig tussen man en vrou ingedryf. Die dag toe Jeanette agterkom dat sy swanger is, is ook die dag dat sy Theo verlaat. Kan hul huwelik nog gered word?

Koop Hierdie Boek

Meer Inligting

Prys (BTW ingesl.):

R 235.00

Verkrygbaar by:

Koop Nou

Susanna M Lingua Keur 14 (ePDF)

Skrywer: Susanna M. Lingua
Kategorie: Liefdesverhale
ISBN: 9780624050179
Vrystellingsdatum: 01 April 2011
Formaat: ePDF, 224 pp

Oor hierdie skrywer

Susanna M. Lingua het reeds op sestienjarige ouderdom begin skryf, maar haar werklike skrywersloopbaan het in 1952 begin...

Skryf 'n Liefdesverhaal

Skryf 'n Liefdesverhaal     Jy is 'n ywerige liefdesverhaalleser en nou is jy reg om jou eie liefdesverhaal te skryf. Skuif...
Lees meer...