Oor Hierdie Boek

Louisa du Toit Omnibus 3 (ePDF)

Louisa du Toit
Liefdesverhale

 In Die juigende oes loop Ryno, nuwe proponent op Kempville, hom vas in die aweregse pastoriekind Naomi. Sy wek by hom ’n vreemde deernis, so anders as dít wat hy vir sy huidige lewensmaat voel .

Omdat die wind alleen is vertel die verhaal van Hermien wat haar eie brood wil verdien, self wil besluit oor haar voorkeure en afkeure. En vir dié enigste dogter van die ryk Jacques Malan voel dit of sy oopoë inloop in ’n huwelik waaroor sy bedenkinge het.

In By die fontein van Soblou gaan Anja Maasveld terug skool toe ná ’n afwesigheid van ’n jaar. En sy voel verspot in die skoolrok; haar bene is te wit, haar gesig te ryp. Maar sy is nie die enigste nuweling nie – daar is ook mnr. Rudolf Brummer, Afrikaans-onderwyser, vars uit die universiteit. En baie, baie aantreklik . . .

In Ver lok die ligte woon Marien Tromer by haar ma en stiefpa in ’n verwaarloosde huis. Die nuwe buurman, dokter Deneys Bergen, is iemand wat sy beter sal wil leer ken, maar sy verloofde, Morag, beskou uit die staanspoor vir Marien as ’n bedreiging.

Koop Hierdie Boek

Meer Inligting

Prys (BTW ingesl.):

R 235.00

Verkrygbaar by:

Koop Nou

Louisa du Toit Omnibus 3 (ePDF)

Skrywer: Louisa du Toit
Kategorie: Liefdesverhale
ISBN: 9780624049777
Vrystellingsdatum: 01 April 2011
Formaat: E-boek ePDF, 224 pp

Oor hierdie skrywer

Louisa du Toit is die skuilnaam wat Engela van Rooyen vir van haar ligter verhale gebruik.

Engela van Rooyen...

Skryf 'n Liefdesverhaal

Skryf 'n Liefdesverhaal     Jy is 'n ywerige liefdesverhaalleser en nou is jy reg om jou eie liefdesverhaal te skryf. Skuif...
Lees meer...