Oor Hierdie Boek

Dokter sonder grense (ePDF)

Malene Breytenbach
Liefdesverhale

Joernalis Clare Rutland wil haar enigste broer, dokter Nick Rutland, in Sierra Leone gaan soek waar hy vir die humanitêre organisasie Dokters sonder Grense werk. Sierra Leone is in ’n bloedige burgeroorlog gewikkel en Clare het ‘n jaar laas van Nick gehoor.

Clare weet dat Nick se enigmatiese vriend, die Franse dokter Louis du Plessis, wat hom oortuig het om by Dokters sonder Grense aan te sluit, ook in Sierra Leone is. Heimilik wil sy ook vir Louis gaan soek – ten spyte, of eerder as gevolg van hulle geskiedenis.

Daarom dat sy vir Spies Lategan, geharde voormalige lid van die Suid-Afrikaanse Spesiale Magte, kry om haar te help om die dokters te probeer kontak. Maar Spies is’n ladies man en moeilik om mee saam te werk.

Koop Hierdie Boek

Meer Inligting

Prys (BTW ingesl.):

R 99.95

Verkrygbaar by:

Koop Nou

Dokter sonder grense (ePDF)

Skrywer: Malene Breytenbach
Kategorie: Liefdesverhale
ISBN: 9780624049517
Vrystellingsdatum: 08 Junie 2010
Formaat: E-boek ePDF, 224pp

Oor hierdie skrywer

Malene Breytenbach is op 1 September 1948 in Port Shepstone gebore. Haar ouers het na Rhodesië (tans Zimbabwe)...

Skryf 'n Liefdesverhaal

Skryf 'n Liefdesverhaal     Jy is 'n ywerige liefdesverhaalleser en nou is jy reg om jou eie liefdesverhaal te skryf. Skuif...
Lees meer...