Skrywersfokus

Madelie Human

Biografiese inligting

As tiener het Madelie se ouma haar altyd goedig daarvan beskuldig dat sy verlief is op die liefde en dit is tot vandag toe inderdaad so. Sy verslind daagliks liefdesverhale en geniet elke oomblik wanneer sy voor haar rekenaar sit en allerhande planne beraam om die verliefde paartjies in haar boeke aan die stry  (soms darem ook aan die vry!) te hou. In haar eie lewe skram sy weg van wroeging en verkies om romantiese komedie te skryf. 

Haar man is haar eie held wat nie omgee om die kospotte dop te hou of skottelgoed te was terwyl sy skryf nie. Hulle woon in die Bosveld waar hulle saans die mooiste sonsondergange van hul lekker kuierstoep af kan sien terwyl hulle leeus hoor brul en kyk hoe talle wildsoorte na die drinkplek toe aangestap kom.

Madelie gesels graag met haar lesers. Kom loer gerus in by haar skrywersblad op Facebook.
Blog

Boeke deur hierdie skrywer

Wanneer passie blom

Skrywerslys

  • Bladsy
  • 1 |
<< | >>