Skrywersfokus

Francois Bloemhof

Biografiese inligting

François Bloemhof is op 15 September in die Paarl gebore. Hy het begin skryf nadat sy Engelse onderwyser hom 97% vir ’n kortverhaal gegee het (dit was in graad 11). Hy matrikuleer aan die Hoërskool Tygerberg en studeer aan die Universiteit van Stellenbosch. In 1992 behaal hy ’n MA-graad in Afrikaanse letterkunde.

Hy het in 1991 op die Suid-Afrikaanse literêre toneel verskyn as De Kat-pryswenner met sy debuutroman Die nag het net een oog. Daarna was Koue soen, een van die finaliste in die Sanlam/De Kat/Kuns op Een romanwedstryd van 1994 en ook in die M-Net kompetisie. Hy het later vir jonger lesers ook begin skryf, en het selfs vier ATKV-kinderboek-toekennings (’n kompetisie waarin jong lesers self hul wenboeke aanwys) ontvang, asook pryse vir jeugromans soos Slinger-slinger en Nie vir kinders nie in Sanlam se Jeugroman-wedstryd gewen. In 2007 was hy tweede in die MML-letterkundeprys met Stad aan die einde van die wêreld.

Daar het al meer as 300 tydskrifverhale, meestal onder skuilname, van hom verskyn. Hy woon in Durbanville en is is deeltyds kopieskrywer, vertaler en redigeerder.

Het jy geweet?

· Rooi Luiperd word opgedra aan Ian Fleming, skepper van James Bond, wat in 2008 honderd jaar oud sou geword het.
· Sy roman, Hostis (1998), is die eerste Afrikaanse boek met 'n oorspronklike CD-klankbaan.
· Die Speletjie (1999) is die eerste Afrikaanse boek wat met sy eie rekenaarspeletjie verskyn het.

Skuilnaam

Hy het twee boeke vir volwassenes, Dinge met tande (1995) en Sprong (1998) onder die skuilnaam Leo Bekker geskryf.

Boeke steeds in druk:

(Uitgegee deur Human & Rousseau)
Die vierde stem (2014)
Moord in die beloofde land
(2013)
Die Rillers-reeks
Die Chillers-reeks
Rooi Luiperd 4: Helse manier van kobaai sê (2011)
Rooi Luiperd 3: Die Genesis-faktor
 (2010)
Rooi Luiperd 2: Afspraak in Venesië (2009)
Rooi Luiperd 1: Rooi Luiperd
 (2008)
Vampiere in Londen, (2004)

Bekronings

De Kat-debuutprys (1991) – Die nag het net een oog
Tafelberg/Sanlam-prys vir jeuglektuur (1996) – Slinger-slinger
FNB/Kagiso-prys vir jeuglektuur (1998) – Die wit huis
ATKV-kinderboekprys (1999) – Die waterding
ATKV-kinderboekprys (2000) – Kamer 13
ATKV-kinderboekprys (2001) – Die speletjie
ATKV-kinderboekprys (2004) – Hospitaaltyd
Sanlam-prys vir jeuglektuur (2005) – Nie vir kinders nie

Lys van publikasies

Volwasse romans

2014 Die vierde stem
2013 Moord in die beloofde land
2011 Rooi Luiperd 4: Helse manier van koebaai sê
2010 Rooi Luiperd 3: Die Genesis-faktor
2009 Rooi Luiperd 2: Afspraak in Venesië
2009 Harde woorde
2008 Rooi Luiperd 1: Rooi Luiperd
2007 Jagseisoen
2006 Spinnerak
2001 'n Tweede asem vir Jan A
1999 Klipgooi
1998 Hostis: met oorspronklike CD-klankbaan
1997 Nagbesoeker
1997 Mooidraai Basuin
1996 Storieboek 
1995 Bloedbroer
1994 Koue soen 
1993 Die duiwel se tuin 
1991 Die nag het net een oog 

Vir tieners
1997 Slinger-slinger
1998 Die wit huis
2000 Die dae to ek Elvis was
2005 Nie vir kinders nie
2007 Stad aan die einde van die wêreld
2009 City at the end of the world
2009 Moenie dat die grootmense hoor nie

2011 Rillers 1: Die Speletjie
2011 Rillers 2: Die vrou met die pers oog
2012 Rillers 3: Die waterding
2012 Rillers 4: Ou Langklou
2012 Rillers 5: Donkerwoud

2011 Chillers 1: The Gotcha Game
2011 Chillers 2: The Lady with the Purple Eye
2012 Chillers 3: The Water Creature
2012 Chillers 4: Old Aunty Claws
2012 Chillers 5:  The Dark Forest

Jong lesers
1996 Middernagland
1996 Die vrou met die pers oog*
1996 Donkerwoud*
1997 Die waterding*
1998 Kamer 13*
1999 Die speletjie*
2000 Kry vir jou, ou Langklou*
2001 Hospitaaltyd*
2002 Agent snoet en die botterdiamant
2004 Vampiere in Londen*
2005 Agent Snoet en die kattekwaad
2006 Rillers-omnibus (8* boeke)
2008 Agent Snoet en die hondelewe
2009 Flipom

Lesers onder 9
1994 Die dom towenaar
1994 Sakkie en die Toffiewolf
1997 Dinnie Kaboef
1997 K-TV Holiday Fun (pret- en aktiwiteitsboek)
2002 'n Dag om te vier
2002 Wie wil wat wees
2002 Spinnekoppe in die huis
2002 Blink gedagtes

Samesteller
2003 Donker veld
2004 Die boek van spoke

Vertalings

2002 A day to celebrate
2002 Bright ideas
2002 Let's make some changes
2002 Spiders in the house
2009 City at the end of the world
2011 Die Rillers -reeks The Chillers series

Uittreksels uit resensies

“Soos Bloemhof se ander boeke lees ’n mens dit amper in een asem deur. Nie omdat hulle ’n asemteug lank is nie, maar omdat jy soos ’n bloedhond eenvoudig die verrassing of geheim op die volgende bladsy móét uitsnuffel.” – Mariana Malan oor Rooi Luiperd , Die Burger (2008)

Nie vir Kinders nie neem lesers na plekke wat hulle dalk nooit self sal besoek nie, maar tog oor wonder. Sit jou gordel aan, lees.” – Mariana Loots, Die Burger (2005)

“Francois Bloemhof is een van die min skrywers van jeugverhale wat werklik met sy teikenmark kan kommunikeer, in tieners se koppe kan inklim en hulle soort slang gebruik sonder dat dit gedwonge aandoen.” – Barrie Hough, Rapport (2000)

Tuisblad

Boeke deur hierdie skrywer

Vampiere in Londen Rillers 1: Die Speletjie Helse manier van koebaai sê Rillers 2: Die vrou met die pers oog Rillers 4: Ou Langklou