Skrywersfokus

Louisa du Toit

Biografiese inligting

Louisa du Toit is die skuilnaam wat Engela van Rooyen vir van haar ligter verhale gebruik.

Engela van Rooyen is op 11 Augustus 1939 gebore op Kakamas. Sy studeer op Stellenbosch vir ’n B.A.-graad en onderwysdiploma. In later jare het sy B.A. Honneurs en ’n M.A. aan die Potchefstroomse Universiteit verwerf. Sy is ’n veelsydige skrywer wat vir volwassenes sowel as kinders skryf, van humoristiese verhale tot historiese romans, van liefdesverhale tot multikulturele kinderboeke.

Engela se roman In die oog van die web was in 1990 een van die finaliste in De Kat, Sanlam en Antenne se romanwedstryd. Haar outobiografiese vertelling Met ’n eie siekspens was in 1995 op die kortlys vir die CNA-prys. Haar roman, Vuur op die horison , wat hoofsaaklik oor die Anglo-Boereoorlog gaan, was op die kortlys vir die M-Net-prys. ’n Hele paar van haar jeugboeke is ook vir skole voorgeskryf.

Skuilname

Sy het talle ligter werke onder die skuilname Engela Linde (dit is haar getroude van), Louisa du Toit en Barend Bornman geskryf.

Het jy geweet?

  • Engela van Rooyen is met ’n predikant getroud. Hulle woon sedert hul aftrede in Pretoria.
  • Sy skryf aanvanklik baie vir die radio en in 1986 wen sy die tweede prys vir hoorspele ter viering van die Johannesburgse Eeufees. In 2004 wen sy die tweede prys vir gevestigde skrywers in RSG en Sanlam se radiodrama-skryfkompetisie met Omdat die wind alleen is.


Boeke steeds in druk

Louisa du Toit
Louisa du Toit Omnibus 3, Jasmyn (2008)
Louisa du Toit Omnibus 4, Jasmyn (2008)

Engela van Rooyen
Vuvuzela, Tafelberg (2005)
Die duiwe van Botala, Tafelberg (1996)

Bekronings

Sanlam-prys vir jeuglektuur: silwer (2005) – Vuvuzela

Lys van publikasies

Engela van Rooyen

Prosa
1970 Die wenteltrap
1973 Kontrapunt
1975 Vuurwag
1982 Vollermaan
1991 In die oog van die web
1994 Met ’n eie siekspens: jeugherinneringe
2000 Vuur op die horison
2005 Seisoene

Kinder- en jeugboeke
1977 Kaboeb en Koer
1979 Gesie van Sonsig
1979 Gesie maak lig
1979 Omkeer op Wolwekop
1980 Gesie in Villa Musica
1981 Gesie in diep water
1983 Janie in Akkerhof
1983 Tjarie kom huis toe
1984 Middelmannetjie
1988 Jan Môre en die hamer
1989 Joepie maak plek
1989 Koenie se ontdekking
1990 Jat kry vlerke
1990 Die môreboom
1993 Die duiwe van Botala
1995 Die nuwe woud
1997 Die Niemands van Langelaan (’n Sterstorie)
2005 Vuvuzela

Reisverhale
1982 Om op eeue te loop: ’n Israel-dagboek

Geestelike lektuur
1984 Briewe vir Sanet: lekkerlees-Bybelstudie vir vroue

Vertalings

Koenie se ontdekking (1989)
Engels (Stevie’s treasure)

Die nuwe woud (1995)
Engels (The New Forest), Setswana, Xhosa, Zoeloe

Jan Môre en die hamer (1988)
Engels (Johnny Later and his Hammer)

Uittreksels uit resensies

“Daarby is dit een van die beste prosawerke wat die afgelope tyd in Afrikaans verskyn het.” – Audrey Blignault oor Met ’n eie siekspens, Die Burger (1996)

“Van Rooyen skryf met groot begrip oor die grootwordproses, oor verhoudings tussen ouers en hul kinders, oor die lewe en die dood. En sy skryf met eerlikheid en gevoeligheid, sonder 'n greintjie sentimentaliteit. En daarvoor kan sy nie hoog genoeg aangeprys word nie.” – Cecile Cilliers oor Seisoene, Volksblad (2005)

Boeke deur hierdie skrywer

Louisa du Toit Omnibus 4  (ePDF) Louisa du Toit Omnibus 3  (ePDF) Louisa du Toit Omnibus 3 (ePub) Louisa du Toit Omnibus 4 (ePub) Louisa du Toit Omnibus 5 (ePub)