Skrywersfokus

Helena Hugo

Biografiese inligting

Helena Hugo het haar loopbaan as aktrise begin, maar skryf en vertaal deesdae voltyds. Benewens talle boeiende verhale oor verskillende genres heen, is sy ook regisseur en skrywer van radiodramas en -vervolgverhale. Luisteraars sal haar veral vir Blinkwater en Mooi mense onthou. Sy het ook al drie keer die eerste plek in die Sanlam/RSG-skryfkompetisie gewen en haar drama Swane is met 'n ATKV-Woordveertjie bekroon. Helena en haar man, Henk, woon in Roodepoort en het drie volwasse kinders.


By Tafelberg verskyn:
Soete verleiding (2010)
Narkose van die hart (2011)
Romanse agter die skerms (2011)
Troukoors (2011)
Veldpad van verlange (2011)
Liefde met gevoel (2012)

By Lux Verbi verskyn:
Ragel (2013)
Martha (2014)
Ter wille van Talita (2014)
Haar ma se kind (2015)
Mispa (2016)
‚ÄčElim (2017)

Boeke deur hierdie skrywer

Narkose vir die hart (ePub) Liefde met gevoel Haar naam is Ragel Haar naam is Ragel (ePub) Marta

Skrywerslys

  • Bladsy
  • 1 |
<< | >>