Wie is Ons

   
 

NB-Uitgewers het in 1998 die Jasmyn-druknaam vir liefdesverhale in die Mills & Boon tradisie begin. En dit was gou duidelik dat dié genre baie gewild is. Teen die einde 2002 het ons intensiewe marknavorsing oor die liefdesverhaal gedoen. Dit was na aanleiding van die resultate en ook die inisiatief en deurlopende ondersteuning van die boekklub Leserskring dat ons in 2003 naas Jasmyn vier bykomende drukname begin het. Dit was veral 'n poging om die nis-lesersgroepe binne hierdie meer gedefinieerde profiel te bereik.

Ouer lesers verkies miskien eerder Melodie, waarbinne skrywers soos Schalkie van Wyk en Elza Rademeyer gehuisves word. Die slagspreuk vir Melodie impliseer 'n meer onskuldige aanslag: "Liefde vir jonk, vir oud, vir altyd" - met ander woorde, leesmateriaal wat geskik is vir tweens sowel as ouer lesers wat moontlik wegskram van 'n meer kontemporêre benadering tot romanse.

Hierteenoor suggereer die sensuele (maar altyd speelse) omslae van Satyn-boeke dadelik aan lesers dat dié verhale effe meer eksplisiet is. Die slagspreuk "Want die hart het ook begeertes" ondersteep die omslagboodskap. Liefdesverhaallesers is inderdaad wêreldwyd vertroud met dié onuitgesproke reël: Hoe meer eksplisiet die foto op die omslag, hoe meer gewaagd die liefdestonele.

Hartklop is weer geskoei op sy Amerikaanse eweknie by Harlequin: dié liefdesverhale het altyd 'n hospitaalmilieu as agtergrond (let op die groen-blou omslagkleur wat dié tema suggereer), en 'n goeie teks word veral gekenmerk aan die skrywer se deeglike mediese navorsing. Daarnaas is Mirre, ons Christelike liefdesverhaal-druknaam, die ideale platform vir bekende skrywers soos Helene de Kock en Maretha Maartens. Hierdie liefdesverhale spreek tot 'n unieke groep lesers wat nie noodwendig ander liefdesverhale lees nie - hulle is dikwels liefhebbers van Francine Rivers se werk. So, hoewel die liefdesverhaaltema nog steeds voorop staan, is 'n onderliggende geloofswêreld 'n belangrike prioriteit vir dié teikenmark.

NB-Uitgewers publiseer verskeie omnibusse per jaar (onder die Jasmyn-, Melodie- en Human en Rousseau-drukname) en minstens twaalf liefdesverhale onder Melodie, Satyn, Hartklop en Mirre.

Lesers kan dus gemaklik elke maand ‘n nuwe omnibus of romanse lees! Ons fokus is altyd op verhale van ‘n hoë gehalte, aantreklike omslae en ‘n lesersvriendelike formaat.
 

Skrywersfokus

Marida Fitzpatrick

Biografiese inligting

Marida Fitzpatrick het in Secunda grootgeword. Sy het haar honneursgraad in joernalistiek (cum laude) aan die Universiteit van Johannesburg verwerf en was al...

Lees meer...

Ons Skrywers

Kliek op die foto vir meer inligting

Oor hierdie skrywer

Mokopi Shale

MOKOPI SHALE began her career in the media as a radio drama actress in 1998, while in the process of completing her degree in drama and industrial psychology at...

Lees meer...

SPLINTERNUUT

Donna en die droomman | Romance & Sagas

Anita du Preez

Donna Ferguson, kreatiewe direktrise van Buitenkant Produksies, is ’n eenkantmens en ’n realis. Maar wanneer Donna by ’n kunsuitstalling oogkontak maak met ’n...

Lees meer...

Ena Murray Keur 7 | Romance & Sagas

Ena Murray

In As die lied verstil verlaat Chrissie Erasmus haar ouma se huisie in Dennedal en word Christine van Johannesburg, al het haar ouma so gedroom van ’n huwelik...

Lees meer...